Olifanthanteerder in Limpopo deurboor

Argieffoto.

Argieffoto.

ʼn Olifanthanteerder veg om sy lewe nadat hy deur ʼn olifant naby Bela-Bela in Limpopo deurboor is, het Beeld Dinsdag berig.

David Mupupu (34) van Adventures with Elephants is in ʼn ernstige toestand in die Muelmed-hospitaal in Pretoria nadat die olifant hom Sondag by ʼn privaat wildreservaat aangeval het.

Beeld berig Mupupu het sy rug op die olifant gedraai, nadat hy een die olifante gevoer het, waarna die olifant hom bestorm het. Die olifant het sy been deurboor, hom opgetel en teen ʼn boom geslinger.

Hy het beserings aan sy been, lewer, gewrig en rugstring opgedoen.

Sean Hensman, die eienaar van Adventures with Elephants, het aan Beeld gesê die voorval word ondersoek.

– Sapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.