Suzy Favor Hamilton, voormalige Amerikaanse Olimpiese atleet, het erken dat sy die afgelope jaar as ‘n prostituut gewerk het om haar depressie te hanteer.
Favor Hamilton het dié “dubbellewe” bevestig nadat die webwerf, The Smoking Gun, met die sak patats vorendag gekom het. Die berig het ook besonderhede ingesluit soos dat sy tot $600 per uur gevra het terwyl sy vir die gesellindiens in Las Vegas gewerk het.
Favor Hamilton, van Wisconsin, een van Amerika se grootste baan- en veldatlete in die 1990s, het op Twitter bevestig dat sy ‘n prostituut geword het, aangesien dit haar ‘n “meganisme” gebied het om die probleme in haar huwelik en lewe te hanteer. “Ek besef ek het hoogs irrasionele besluite gemaak, en ek aanvaar volle verantwoordelikheid,” het sy gesê. “Ek is nie ‘n slagoffer nie, ek het geweet wat ek doen.”
Onder die skuilnaam “Kelly Lundy”, het die aantreklike 44-jarige blondine na stede soos Chicago, Los Angeles en Houston gereis om as metgesel op te tree.
Favor Hamilton woon in Madison, Wisconsin waar sy en haar man ‘n eiendomsagentskap bestuur. Sy lewer ook motiveringspraatjies en doen bemarking vir die Wisconsin Aartappel- en Groenteboerevereniging.
Sy het depressie as een van die oorsake van haar aksies aangedui en gesê dat sy die afgelope paar weke hulp van ‘n sielkundige bekom het.
Interessante manier om van depressie ontslae te rak ;)