Olimpiese atleet sterf in KZN-vliegtuigongeluk

Alick Rennie. Foto: SuperSport

Alick Rennie. Foto: SuperSport

Die name van die twee mense wat dood is nadat ʼn ligte vliegtuig Woensdag in ʼn suikerrietveld in Richmond naby Pietermaritzburg, KwaZulu-Natal neergestort het, is Vrydag bekend gemaak.

Alick Rennie, ‘n Suid-Afrikaanse Olimpiese kanovaarder en Dusi-kampioen, het Suid-Afrika in 1992 by die Olimpiese Spele in Barcelona, Spanje, verteenwoordig. Die ander persoon was die vlieënier David Grosvenor.

Maroela Media het Donderdag berig hul vliegtuig het soek geraak kort nadat dit van die Oribi-lughawe in Pietermaritzburg opgestyg het. Die span van ER24, die Pietermaritzburg-polisie se soek- en reddingseenheid en die honde-eenheid is ontbied om na die vliegtuig te soek in die gebied waar die vlieënier die laaste keer kontak gemaak het. Die wrak is eers Donderdag opgespoor. Klik hier vir meer hier en foto’s van die vliegtuig.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.