Olimpiese fakkel keer terug van ruimtereis

Fyodor Yurchikhin hou die  onaangesteekde fakkel vas. Foto: space.com

Fyodor Yurchikhin hou die onaangesteekde fakkel vas. Foto: space.com

Die Olimpiese fakkel vir die 2014 Winter Olimpiese Spele wat in Rusland gehou sal word, het Maandag teruggekeer aarde toe.

Drie bemanningslede, Mikhail Tyurin van Rusland, Rick Mastracchio van die Amerikaanse ruimte-agentskap (Nasa) en Koichi Wakata van Japan het op 7 November van die Baikonur Cosmodrome in Kazakhstan gelanseer.

Nasa het Maandag gesê die Soyuz-kapsule het Maandagoggend veilig in Kazakh Steppe geland nadat dit Sondag die internasionale ruimtestasie verlaat het. Die bemanning aan boord was Fyodor Yurchikhin van Rusland, Karen Nyberg van Amerika en Luca Parmitano van Italië.

Maroela Media het vroeër berig die groep met die onaangesteekde fakkel het eers by die internasionale ruimtestasie aangedoen voordat dit vir die eerste keer in die geskiedenis deur die bemanningslede buite die ruimtetuig, die ruimte in geneem is vir die fakkel se eerste “spacewalk” waar die fakkel van die een bemanningslid van die eerste groep aan een bemanningslid van die tweede groep oorhandig is.

Yurchikhin gaan die Olimpiese fakkel aan die organiseerders van die spele in Sochi oorhandig. Dit gaan gebruik word om die Olimpiese vlam op 7 Februarie volgende jaar aan te steek.

Lees ook:
Olimpiese fakkel vertrek op ruimtereis

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

AmY ·

Was dit dan nie net laas jaar die Olimpiese Spele gewees nie? Of is ek nou verkeerd?

Dit moes mos dan eers weer in 2016 gehou word? Dis mos elke 4 jaar???

Help my reg as ek verkeerd is, asb.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.