Olimpiese fakkel vertrek op ruimtereis

Foto: Skyfie geneem uit www.space.com. Besoek die webblad om na videos oor die lansering te kyk.

Foto: Skyfie geneem uit www.space.com. Besoek die webblad om na videos oor die lansering te kyk.

Die Olimpiese fakkel het vandag, in die aanloop tot die Winter Olimpiese Spele wat volgende jaar in Rusland gehou sal word, vir die tweede keer in die geskiedenis, op ’n ruimtereis vertrek.

Drie bemanningslede, Mikhail Tyurin van Rusland, Rick Mastracchio van die Amerikaanse ruimte-agentskap (Nasa) en Koichi Wakata van Japan het vroeër vandag suksesvol van die Baikonur Cosmodrome in Kazakhstan gelanseer. Nasa Live TV het die lansering vandag uitgesaai en regstreekse videos van die lansering en die bemanningslede se aankoms by die ruimtestasie kan by www.space.com gekyk word.

Die groep met die fakkel sal eers by die internasionale ruimtestasie aandoen voordat dit vir die eerste keer in die geskiedenis deur een van die bemanningslede buite die ruimtetuig, die ruimte in geneem sal word vir die fakkel se eerste “spacewalk”.

Die olimpiese fakkel het in 1996, voor die Atlanta Somer Olimpiese Spele, vir die eerste keer aan boord van die Atlantis pendeltuig, ’n ruimtereis onderneem.

Kyk na videos oor die lansering en hoe die bemanning by die internasionale ruimtestasie aankom: Klik hier

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.