Olimpiese Spele 2012: SA se trots

Vuurwerke oor die Olimpiese-stadion gisteraand tydens die afsluitingseremonie. Foto: @London2012

Die 2012 Olimpiese Spele het gisteraand skouspelagtig tot ʼn einde gekom.

Die afsluitingseremonie was ʼn reis deur die geskiedenis van die Britse popkultuur met van die stad se bekendste bakens wat ingesluit is. Suid-Afrika het vanjaar sy beste Spele-vertoning gehad sedert sy hertoelating. Suid-Afrika het in 1992 sy terugkeer na die Olimpiese Spele gemaak nadat die land vir 32 jaar van die Spele verban is weens apartheid. In 1996 het Suid-Afrika drie goue medaljes, een silwer en een brons gewen tydens die Olimpiese Spele in Atlanta.

Suid-Afrika het vanjaar drie goue medaljes, twee silwer en een brons gewen. Cameron van der Burgh het Suid-Afrika se eerste goue medalje gewen by die Spele in die 100 m-borsslag. Die land se tweede goue medalje was ook in die swembad met Chad le Clos in die 200 m-vlinderslag. Le Clos het ook ʼn silwer medalje ingepalm in die 100 m-vlinderslag. Caster Semenya het Suid-Afrika se tweede silwer medalje gewen in die 800 m vir vroue. Bridgitte Hartley het die land se enigste brons medalje gewen in die K1-kajakren oor 500 m vir vroue.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

minandie ·

was wonderlik om die afsluiting te sien.
die beste vir my was toe die SPICE GIRLS gesing het.
laat my terug dink toe ek jonk was op laerskool.
eks trots op my land ons het goed gedeon!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.