Chad le Clos het Donderdag sy goeie vorm behou deur die vinnigste semi-finaal kwalifiserende tyd in die 100m-vlinderslag aan te teken.
Le Clos het sy uitdunrondte in 51.54s voltooi wat hom in die wegspringposisie van Donderdagaand se semi-finaal plaas. Sy mededinger, die Amerikaanse Michael Phelps, was tweede vinnigste met ʼn tyd van 51.72s.
Intussen het Roland Schoeman en Gideon Louw albei gekwalifiseer vir die 50m-vryslag semi-finale.
Karin Pinsloo dring ook deur na Donderdagaand se semi-finaal nadat sy vyfde in haar uitdunronde van die 200m-rugslag in 2:10.34s voltooi het.
Wendy Trott het nie daarin geslaag om vir die 800m-vryslag te kwalifiseer nie.