Olimpiese Spele 2012: Vlaggie-fiasko

Noord-Korea se vroue-sokkerspan het Woensdagaand tydens die Olimpiese Spele van die veld af gestap nadat organiseerders per abuis hulle voorgestel het deur die vlag van Suid-Korea, hul aartsvyande, te vertoon.

Hul wedstryd teen Colombia in Hampden Park, Brittanje, is vir sowat ʼn uur vertraag terwyl die probleem uitsorteer is. Nadat die wedstryd uiteindelik begin het, het Noord-Korea hul opponente 2-0 geklop.

Locog, die organiseerders, het om verskoning vir dié blaps gevra.

Dr. Aiden Foster-Carter, ʼn Koreaanse kenner aan Leeds Universiteit, het aan The Telegraph gesê die spanning loop tans hoog tussen die wêreld se laaste Stalinistiese-regime en sy kapitalistiese eweknie in die suide. “As die spelers nie só opgetree het nie, sou daar dalk strafregtelik teen hulle opgetree word,” het Foster-Carter gesê.

Lees meer hier

Die vlag van Noord-Korea

Die vlag van Suid-Korea

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.