Olimpiese Spele: Alle oë op Oscar en Khotso

Ná Chad le Clos Vrydagaand vir die land ʼn silwermedalje ingepalm het, staan Suid-Afrika op die agtste dag van die Olimpiese Spele, 20ste op die medaljeranglys.

Le Clos het gisteraand Suid-Afrika se vierde medalje in die 100m-vlinderslag gewen.

Vandag is alle oë gevestig op Oscar Pistorius wat om 11:35 in die eerste uitdunronde van die mans 400m gaan deelneem. Pistorius maak geskiedenis deur die eerste paralimpiese atleet te word wat aan die Olimpiese Spele gaan deelneem.

Suid-Afrikaners se hoop vir nog ʼn medalje is op Khotso Mokoena nadat hy Vrydag vir die verspring-eindrondte gekwalifiseer het. Hy gaan vanaand om 20:55 poog om die silwer medalje wat hy tydens die vorige Olimpiese Spele verower het, na goud op te gradeer.

Klik hier om die volledige ranglys te sien.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Daleen Le Grange ·

Dankie dat julle ons op hoogte hou van die Olimpiese Spele,

Linda Holmes ·

Oooo LEKKER, LEKKKER, LEKKER, kan al die olimpiese nuus en nog meer, in my taal lees! Ek mag ‘n Holmes wees maar ons is trots Afrikaans en bly verseker in Suid-Afrika.

Dankie MAROELA MEDIA – mapstieks maar dis nou vir jou ‘n fees van verskeidenheid!!!

My pols klop………..

Linda

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.