Caster Semenya het vir die semi-finale in die 800m-naelope gekwalifiseer nadat sy Woensdag tweede tydens haar uitdunronde gekom het.
Semenya het met ʼn tyd van 2:00:71 na die Amerikaanse Alysia Johnson Montano geëindig. Montano se tyd was 2:00:44.
Semenya neem Donderdagaand om 20:30 aan die semi-finale deel.
Semenya het voorheen internasionale nuus gemaak na haar geslag en prestasies tydens die vorige Olimpiese Spele bevraagteken is. In 2009 moes sy na haar sege toetse in Berlyn ondergaan om haar geslag te bevestig.