Olimpiese Spele: Hoop vir goud val op Chad le Clos

Dit was ʼn teleurstellende Vrydagoggend vir Suid-Afrika op die sewende dag van die Olimpiese Spele in Londen.

Die Suid-Afrikaanse span het op ‘n lae noot afgeskop na hul spanmaats vroeër vandeesweek in die swembad uitgeblink het.

LJ van Zyl en Cornel Fredericks is albei in die eerste uitdunronde van die mans 400m-hekkies uitgeklop.

In die swembad het dit ook nie goed gegaan nie. Trudi Maree, Heerden Herman en die mans 4x100m-aflosspan is ook in die eerste uitdunrondes uitgeklop.

Alle hoop vir nog goue medaljes vandag val nou op swemmers Chad le Clos, wat om 20:38 aan die 100m-vlinderslag gaan deelneem, en Roland Schoeman, wat 21:09 aan die 50m-vryslag gaan deelneem.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.