Olimpiese Spele: Nuwe rekord vir Van der Burgh

Cameron van der Burgh

Cameron van der Burgh het Saterdag ‘n nuwe Olimpiese rekord opgestel in die mans 100m-borsslag semi-finaal.

Van der Burgh en Chad le Clos het Suid-Afrika iets gegee om oor opgewonde te wees ná atlete in ander items teleurgestel het, berig EWN. Van der Burgh het die item in 58.83 sekondes voltooi en is nou die gunsteling om in Sondag se finaal die goud in te palm. Fabio Scozzoli van Italië was tweede met 59.44 sekondes en Brenton Rickard van Australië, derde met 59.50 sekondes.

Le Clos het deurgedring na die 400m-individuele wisselslag finaal deur in die vyfde plek te eindig. Dié swemmer van Durban het sy persoonlike beste verbeter deur binne 4:12:24 minute te eindig.

Banyana Banyana het Saterdag hul tweede wedstryd in die vroue sokker verloor. Hulle het Donderdag 4-1 teen Swede verloor en Saterdag 3-0 teen Kanada. Hulle sal Dinsdag teen Japan speel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.