Die Verenigde Koninkryk het glo £27 miljoen aan die openingseremonie spandeer. Die besonderhede oor die seremonie, wat deur regisseur Danny Boyle van Slumdog Millionaire-faam hanteer word, bly egter ‘n groot geheim. Die tema vir die geleentheid is die Engelse platteland.
Suid-Afrikaners kan die openingseremonie om 21:45 op SABC2 en SuperSport te siene kry.
Caster Semenya, die voormalige 800m-wêreldkampioen sal as vlagdraer die Suid-Afrikaanse span op die veld lei.
Die Sportkonfederasie en Olimpiese Komitee (Saskok) verwag dat Suid-Afrikaanse atlete sowat 12 goue medaljes sal inpalm.