Olimpiese Spele: Openingseremonie 2012

'n Voorstel van die openingseremonie van die Olimpiese Spele in Londen

Die openingseremonie van die Olimpiese Spele in Londen vanaand beloof om indrukwekkend te wees.

Die Verenigde Koninkryk het glo £27 miljoen aan die openingseremonie spandeer. Die besonderhede oor die seremonie, wat deur regisseur Danny Boyle van Slumdog Millionaire-faam hanteer word, bly egter ‘n groot geheim. Die tema vir die geleentheid is die Engelse platteland.

Suid-Afrikaners kan die openingseremonie om 21:45 op SABC2 en SuperSport te siene kry.

Caster Semenya, die voormalige 800m-wêreldkampioen sal as vlagdraer die Suid-Afrikaanse span op die veld lei.

Die Sportkonfederasie en Olimpiese Komitee (Saskok) verwag dat Suid-Afrikaanse atlete sowat 12 goue medaljes sal inpalm.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.