Olimpiese Spele: Oscar oorweldig deur ondersteuning

Oscar gedurende Saterdag se 400m-naellope. Foto: Wessel Oosthuizen/SAPA

Oscar Pretorius neem vanaand op die negende dag van die Olimpiese Spele aan die semi-finale van die 400m-naellope vir mans deel. Dié “lemnaeler” het Saterdag geskiedenis gemaak nadat hy die eerste paralimpiese baanatleet geword het om aan die Olimpiese Spele deel te neem, én boonop vir die semi-finale te kwalifiseer nadat hy tweede in sy uitdunronde gekom het.

Intussen stroom gelukwensings van alle oorde in, asook ondersteuning en goeie wense vir die semi-finaal.

Oscar het Saterdag op Twitter geskryf: “Thank you to everyone who has supported me, that was UNBELIEVABLE! Was so amazing to feel the energy from the crowd! Semi-final tomorrow! :)” (Dankie aan almal wat my ondersteun het, dit was ongelooflik. Dit was wonderlik om die energie van die skare te voel. Semi-finaal môre!)

Die skoot klap vanaand om 21:48 Suid-Afrikaanse tyd.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.