Vyf Suid-Afrikaners neem vandag op die laaste dag van die 2012 Olimpiese Spele in Londen deel.
Suid-Afrika se Stephen Mokoka, Coolboy Ngamole en Lusapho April neem om 12:00 aan die marathon vir mans deel. Philip Buys en Burry Stander neem om 14:30 aan die bergfietsry deel. Die 2012 Olimpiese Spele se afsluitingseremonie is van 22:00 – 24:00.