Suid-Afrika het teen rustyd met 2-1 voorgeloop.
Ander SA atlete vandag in aksie:
Marc Mundell neem om 10:00 vanoggend aan die 50 km-stapbyeenkoms deel. Mundell het vroeër vanjaar ʼn nuwe Afrika-rekord opgestel toe hy sy persoonlike beste tyd van 3:57:57 oor dié afstand aangeteken het.
Candice Neethling neem om 13:30 aan die bergfietsry deel.
Caster Semenya neem om 21:00 vanaand deel aan die finaal van die 800 m vir vroue.