Olimpiese Spele: Semenya in die finaal

Caster Semenya. Foto: Getty Images

Hoop om nog ʼn medalje by die Olimpiese Spele in te palm val op Caster Semenya wat Donderdagaand vir die finaal van die 800m-naelope gekwalifiseer het. Semenya het haar uitdunronde met 1:59:42 gewen.

Semenya het Donderdagaand kort ná haar oorwinning gesê sy is bly om na die finale deur te dring. “Dit was ʼn baie harde semi-finaal, maar ek het my beste gegee. Ek het baie hard geoefen en moet nou net op die finaal fokus, niks anders nie. Die tyd wat ek gehardloop het maak my vol vertroue,” het sy gesê.

Die 800m-naelope se finaal vind Saterdagaand om 21:00 plaas. Suid-Afrika lê tans 21ste op die medaljeranglys met ʼn totaal van vyf medaljes, drie daarvan is goud, een silwer en een brons.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.