Olimpiese Spele: Swem-uitslae

Suzaan van Biljon

Suzaan van Biljon het Donderdagaand by die Olimpiese Spele in Londen aan die borsslag-finaal vir vroue deelgeneem.

Van Biljon het baie sterk begin, maar uiteindelik in die 7de plek met ‘n tyd van 2:23:72 geëindig. Sy het 4.13 sekondes ná die wenner, Rebecca Soni, van Amerika, aan die muur geraak.

Roland Schoeman en Gideon Louw het aan die 50m-vryslag semifinaal vir mans deelgeneem. Schoeman het in die 4de plek geëindig met ‘n tyd van 21.88 sekondes, 0.25 sekondes ná die wenner, Bruno Fratus van Brasilië. Louw het in die 5de plek geëindig met ‘n tyd van 21.92 sekondes, 0.38 sekondes ná die wenner, Cullen Jones, van Amerika.

Karin Prinsloo eindig in die 8ste plek in die 200m-rugslag semifinaal vir vroue met ‘n tyd van 2:11:42. Sy het 4.58 sekondes ná die wenner, Missy Franklin van Amerika, aan die muur geraak.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.