Olimpiese Spele: Uitslae

René Kalmer en Irvette van Blerk

Drie Suid-Afrikaanse vroue het Sondag om 12:00 aan die 42km-marathon by die Olimpiese Spele in Londen deelgeneem.

René Kalmer het in die 35ste posisie klaargemaak, met ‘n tyd van 2:30:51. Die wenner, Tiki Gelana van Ethiopië, het ‘n nuwe Olimpiese rekord aangeteken deur die wedren in 2:23:07 te voltooi.

Tanith Maxwell van Suid-Afrika het 2:40:27 geneem om die wedren te voltooi, maar Irvette van Blerk het nie die wedren voltooi nie.

Die Suid-Afrikaanse manshokkiespan het 5-4 teen Pakistan verloor.

Oscar Pistorius neem Sondagaand om 21:48 aan die semi-finaal vir die 400m vir mans deel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.