Olimpiese Spele: Uitslae

Bridgette Hartley Foto: bigfoot.iblog.co.za

Die Suid-Afrikaanse atlete wat Dinsdag by die Olimpiese Spele in Londen aan hul onderskeie uitdunrondtes deelgeneem het, het uitstekend gevaar.

Bridgitte Hartley het met ʼn tyd van 1:51.286 vir die Enkelkajak (K1) 500m finaal kwalifiseer. Sy het eerste posisie in haar uitdunrondte behaal.

Lehann Fourie vir die 110m-hekkies kwalifiseer. Lehann het tweede plek in sy uitdunrondte behaal met ʼn tyd van 13.49 sekondes.

Anaso Jobodwana het op sy beurt met ʼn tyd van 20.46 sekondes vir die 200m kwalifiseer en tweede posisie in sy rondte behaal.

Sunette Viljoen het derde posisie in haar kwalifiserende rondte behaal. Sy het die spies 65.92 meter ver gegooi.

Richard Murray neem tans deel aan die driekamp.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.