Olimpiese Spele: Uitslae

Chad le Clos

Chad le Clos het Vrydagaand nóg ‘n medalje by die Olimpiese Spele in Londen ingepalm.

Le Clos deel die silwer medalje vir die 100m-vryslag saam met die Rus, Evgeny Korotyshkin met ‘n tyd van 51.44 sekondes. Die Amerikaner, Michael Phelps, het die muur 0.23 sekondes voor hulle aan die muur geraak.

Roland Schoeman het 6de geëindig in die 50m-vryslag finaal met ‘n tyd van 21.80 sekondes. Hy het die muur slegs 0.46 sekondes ná die wenner, Florent Manaudou van Frankryk, geraak.

Die Suid-Afrikaanse mans-hokkiespan het 2 doele teen Spanje se 3 doele aangeteken. Dit was Austin Smith se 100ste keer wat hy as kaptein vir span Suid-Afrika gespeel het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.