Olimpiese Spele: Wêreldrekords nog voor amptelike opening

Im Dong Huyan

Suid-Korea het nog voor die amptelike opening van die Olimpiese Spele vir nuwe wêreldrekords in boogskiet gesorg.

Die blinde Im Dong Huyan, ‘n tweemalige Olimpiese kampioen, het ‘n individuele wêreldrekord van 699 punte uit ‘n moontlike 720 aan geteken. Hy het in Mei vanjaar in Turkye die wêreldrekord die eerste keer verbeter.
Ook in die spankompetisie het die Suid-Koreane hul vorige wêreldrekord met 18 punte verbeter, berig die Berliner Umschau.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.