“Olimpiese swemmer” beboet oor spoed

Die 20-jarige man wat Sondag op die N1-noord in Centurion vasgetrek is nadat hy teen 188 km/h gery het, het skuldig gepleit op ʼn aanklag van roekelose bestuur.

Adam Hack het Maandag in die Pretoria-landdroshof verskyn en ʼn boete van R1 500 opgelê. Hack se pa, David (55), is ook Sondag vasgetrek nadat hy teen 234 km/h vasgetrek is. Albei het in Porsche GT3-motors gery. David sal na verwagting Dinsdag in die hof verskyn. Busaphi Nxumalo, woordvoerder van die Gautengse verkeerspolisie, sê David sal tereg staan op aanklagte van roekelose en nalatige bestuur asook dat hy die algemene spoedgrens van 120km/h oorskry het

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.