Oliphant reageer oor “varkhok”-plaas

Argieffoto.

Argieffoto.

Godfrey Oliphant, adjunkminister van minerale hulpbronne, het Woensdag reageer nadat die Dierebeskermingsvereniging (DBV) in Kimberley hom gewaarsku het om sy varkplaas, Kaktusplaas, in Warrenton in die Noord-Kaap skoon te maak of hulle gaan beslag lê op al die diere.

“Oliphant was onder die indruk dat daar altyd vars water vir die varke beskikbaar was op sy plaas,” het Solly Phetla, die woordvoerder van die departement, gesê. “Hy is teleurgesteld dat dit nie die geval was nie en het onderneem om te sorg dat die varke te alle tye vars water sal hê.”

Phetla het gesê Oliphant besoek die plaas nie gereeld nie en was geskok deur die DBV se bevindinge. Sy plaas word deur sy broerskind bestuur.

“Die adjunkminister wil dit net duidelik stel dat die plaas wel aan hom behoort en die varke behoort aan familielede. Die persoon wat ʼn klagte by die DBV aanhangig gemaak het, is ʼn buurman en sakeman wat die adjunkminister al ʼn paar maal vantevore genader het om die eiendom te koop om met varke daar te boer.”

Phetla sê Oliphant het dié buurman bygestaan deur ruimte vir sy perde en ander toerusting te verskaf. “Die adjunkminister was dus erg verbaas om ʼn oproep van die DBV te ontvang wat gesê het die toestand is nie na wense nie.”

Oliphant het onderneem om sy volle samewerking aan die DBV te gee en om die plaas op te knap.

Maroela Media het Dinsdag berig daar is sowat 20 varke op die plaas, en die omgewing waarin hulle aangehou word, is nie geskik nie. Daar is geen skoon water nie en die plek is baie vuil. Lees meer hier.

– SAPA

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Monica ·

Nou word daar ligtelik in die berig geskimp dat die buurman eintlik vir eie gewin die DBV betrokke gekry het. En die lyding wat die varke moet verduur? Net so ‘n effense misverstand. Ja-nee, mens kan met woorde toor om ‘n situasie se erns te verwater.

GawieM ·

Soos gewoonlik word die bal net weer uitgegee en ander word blameer.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.