Die Dierebeskermingsvereniging (DBV) in Kimberley het Godfrey Oliphant, adjunkminister van minerale hulpbronne, gewaarsku om sy varkplaas, Kaktusplaas, in Warrenton in die Noord-Kaap skoon te maak of hulle gaan beslag lê op al die diere.
“Daar is sowat 20 varke op die plaas,” het Mario van der Westhuizen, ʼn senior inspekteur van die DBV, Dinsdag gesê. “Die omgewing waarin hulle aangehou word, is nie geskik nie. Daar is geen skoon water nie en die plek is baie vuil. Die plek moet opgeknap word.”
Een van die varke by Oliphant se plaas is beseer en het twee wonde opgedoen. ʼn Ander vark is ondergewig.
Van der Westhuizen het gesê die DBV het Maandag ʼn waarskuwing aan Oliphant uitgereik waarin die DBV daarop aandring dat hy die varkplaas skoon maak. “Oliphant was in Pretoria, maar sy broerskind bestuur die plaas.”
Die DBV gaan Maandag weer die plaas besoek om te kyk of die toestand verbeter het.
Van der Merwe het gesê drastiese stappe sal gedoen word as niks verander het nie en die DBV sal beslag lê op al die varke.
Solly Pheta, die woordvoerder van minerale hulpbronne, het gesê hulle sal binnekort kommentaar lewer.
– SAPA
Plase word ontein en vir hul uitgedeel dis hoekom dit so gaan het geen verantwoordelikheid teen oor enige iets nie dbv kon maar die varke gevat het more is daar maar net weer ander en seker hoof opskrif oor hoe onregverdig DBV was om nou sy varke te vat
Kyk wie is nou die vark in die verhaal.
Kyk dit is nogal erg om so na varke te laat kyk…daar is baie dinge wat eers in plek moet wees voordat varke aangehou kan word…varke wat beserings het kan nie lank sonder medikasie wees nie dit vorm ‘n abses dan kan hulle dood gaan!!