Omgeslaande boot tóé walvis

Foto: NSRI

ʼn Seereddingspan het meer gekry as wat hulle verwag het nadat hulle gehaas het na ʼn boot wat omgeslaan het naby Melkbosstrand in Kaapstad.

ʼn Woordvoerder van die Nasionale Seereddingsinstituut (NSRI), Craig Lambinon, sê ʼn reddingspan is Dinsdagaand ontbied nadat ooggetuies gesê het hulle het ʼn omgeslaande boot gesien sowat ʼn myl van die kus. Lambinon sê die span is egter nie deur dankbare seemanne ontmoet nie maar deur die “stank” van ʼn agt meter lange walviskarkas wat onderstebo in die water gedryf het. Hy sê die walvis se maag het soos die onderkant van die ʼn boot gelyk. Lambinon sê die karkas is moontlik dieselfde een wat vroeër die week naby Robbeneiland gesien is. “Daar is ʼn moontlikheid dat die wind die karkas sal laat strand.” Hy het vissermanne gewaarsku om op hul hoede te wees vir die karkas.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.