Omgewingsake blyk inligting oor renosters te weerhou

www.rhinoconservation.org

Kort nadat die departement van omgewingsake die kommunikasie rakende renosterstropery en -statistiek oorgeneem het blyk dit reeds dat sekere inligting weerhou word.

Beeld het vroeër berig dat die direkteur van kommunikasie by die departement, Albi Modise, gesê het dat renosterstropery nou ʼn krisispunt bereik het en alle inligting en statistieke oor sulke voorvalle voortaan nét deur die departement van omgewingsake hanteer sal word. Modise het ook gesê dat die departement kwaai onder skoot gekom het van sekere organisasies wat meen hy wil inligting toesmeer of manipuleer. Modisê die departement wil sorg dat een boodskap die gemeenskap bereik. Maroela Media het aanvanklik navraag gedoen by SANParke rakende berigte dat talle renosterskarkasse die afgelope paar dae in die Krugerwildtuin gekry is. Die navraag is egter na die departement verwys. Die departement het in ʼn e-pos Maroela Media se navraag geantwoord deur te sê: “Ongelukkig maak ons nie inligting oor dag-tot-dag stropery voorvalle bekend nie aangesien dit die potensiaal het om ‘n negatiewe invloed te hê op voortgesette ondersoeke.” Volgens berigte is meer as 110 renosters reeds vanjaar vir hulle horings gestroop.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.