Omgewingsbewaarder deur tier aangeval

John Varty saam met een van sy tiere. Foto: Facebook

ʼn Bekende omgewingsbewaarder en rolprentmaker is in ʼn ernstige toestand in ʼn hospitaal in Bloemfontein opgeneem nadat hy deur ʼn tier op sy tierplaas buite Philippolis aangeval is.

Volksblad berig dat John Varty (61) besig was om tiere te verfilm toe hy deur een van die diere aangeval is. Dit is nog onbekend wat presies gebeur het. Varty is van sy plaas Tiger Canyons buite Philippolis met ’n staatsambulans tot op Trompsburg gebring waar hy gestabiliseer is en na die Life-Rosepark-hospitaal vervoer is. Varty is ’n kenner in die rehabilitering van onder meer tiere, cheetahs, luiperds en leeus. Hy het die reservaat buite Philippolis tot stand gebring waarop hy al die afgelope tien jaar ’n tierprojek bestuur.

Lees meer hier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Nico Strydom ·

Haai Benita

Dit is eintlik ‘n wisselvorm en word ook erken in Afrikaans. Dankie vir jou terugvoer.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.