Volksblad berig dat John Varty (61) besig was om tiere te verfilm toe hy deur een van die diere aangeval is. Dit is nog onbekend wat presies gebeur het. Varty is van sy plaas Tiger Canyons buite Philippolis met ’n staatsambulans tot op Trompsburg gebring waar hy gestabiliseer is en na die Life-Rosepark-hospitaal vervoer is. Varty is ’n kenner in die rehabilitering van onder meer tiere, cheetahs, luiperds en leeus. Hy het die reservaat buite Philippolis tot stand gebring waarop hy al die afgelope tien jaar ’n tierprojek bestuur.
Lees meer hier.
Cheetahs, regtig? Is dit nou die amptelike Afrikaans?
Haai Benita
Dit is eintlik ‘n wisselvorm en word ook erken in Afrikaans. Dankie vir jou terugvoer.