Omroeper by Jacaranda FM gepos

Miguel Proenca

Miguel Proenca se kontrak met Jacaranda FM is Maandag gekanselleer.

Masego Serape, woordvoerder vir die stasie, sê Proenca se kontrak is met onmiddellike effek gekanselleer. Serape sê dit volg na ʼn ondersoek na bewerings dat geld wat vir ʼn 10-jarige kankerlyer ingesamel is vermis geraak het. “Ons het besluit om die kontrak met Proenca onmiddellik te kanselleer na deeglike oorweging van die getuienis wat tydens die ondersoek verkry is,” het Kevin Fina, stasiebestuurder van Jacaranda FM, gesê.

Proenca het in November verlede jaar ʼn fondsinsamelingsprojek gehou om geld in te samel vir Reneilwe Mashego van Bosbokrand. Hy het glo vroeër vanjaar vir Mashego se ouma R300, drie komberse en klere gegee. Dit was egter nie duidelik wat met die ander donasies waaronder R9 000 wat deur Makro geskenk is en R5 000 geskenkbewyse van Spar geword het nie. Proenca is vroeër geskors terwyl die ondersoek aan die gang was. Proenca was Jacaranda se aanbieder in Nelspruit.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.