Omroeper sterf: Drywer gee hom oor

Batteson-Kritzinger en haar man Jake op hul troudag verlede jaar. Foto: Facebook

Die bestuurder van die ander voertuig wat betrokke was in die botsing waarin die OFM-omroeper Lindsay Batteson-Kritzinger dood is, het homself Sondagoggend aan die polisie oorgegee.

Batteson-Kritzinger en haar skoonma Alna Kritzinger is Saterdagmiddag oorlede nadat die bakkie waarin hulle gery omgeslaan het toe dit teen ʼn ander voertuig gebots het naby Theunissen in die Vrystaat. Batteson-Kritzinger se man, Jake, en haar skoonpa was ook in die bakkie en is ernstig beseer. Hulle bakkie het teen ʼn Toyota Tazz gebots. Die bestuurder van die Toyota Tazz het glo in die verkeerde baan gery nadat hy ʼn ander motor verbygesteek het. Die bestuurder van die Tazz het gevlug na die ongeluk en die motor is later verlate in ʼn township gevind. Luit. Ian Gaobepe, woordvoerder van die polisie, het aan Maroela Media bevestig dat die 35-jarige bestuurder van die Tazz hom Sondagoggend aan die polisie oorgegee het. Gaobepe sê die man sal Maandag in die Theunissen-landdroshof verskyn op aanklagte van strafbare manslag, vlug van die ongelukstoneel en bestuur sonder ʼn lisensie.

Batteson-Kritzinger en haar man Jake is volgens hul Facebook-profiele op 28 April verlede jaar getroud. Batteson-Kritzinger het onder meer op Saterdae die “Weekend Warm-up”-program aangebied.

Lees ook:
Radio-omroeper sterf in ongeluk

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.