Omstrede hoëspoedspoorlyn in Londen goedgekeur

Die eerste fase van HS2 sal tussen 2016 en 2026 gebou word.

Die Britse regering het die oprigting van ʼn omstrede hoëspoedspoorlyn tussen die land se twee grootste stede goedgekeur, ten spyte van teenstand van meeste inwoners wat langs die voorgestelde roete bly.

Die 140 km-lange spoorlyn sal die reistye tussen Londen en Birmingham van 90 na 49 minute verkort en die koste sal ongeveer £32 miljard (R400 miljard) beloop. Sommige regsdienaars, omgewingsaktiviste en inwoners het hul misnoeë oor die projek uitgespreek en gesê dat die beplande roete sommige dele van Engeland se prentjiemooi platteland sal verwoes en dat dit te duur is en meeste Britte nie sal bevoordeel nie. Die departement van vervoer het Dinsdag gesê dat wetgewing vir die nuwe spoorlyn volgende jaar ingedien sal word. Die spoorlyn behoort teen 2026 voltooi te wees en sal moontlik na noordelike stede uitgebrei word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.