Onbekende skedel kry nuwe gesig

Argieffoto

Gesigsrekonstruksie is op ʼn menslike geraamte, wat verlede jaar deur ʼn visserman naby Klippan-dam in Welkom in die Vrystaat opgespoor is, gedoen.

“Die beendere behoort aan ʼn middeljarige man,” het kapt. Stephen Thakeng, woordvoerder van die polisie, Dinsdag gesê. “Rubberstewels wat in mynbou gebruik word en ʼn sak is naby aan die beendere opgespoor en ons vermoed dat die man ʼn onwettige myner was.”

Nie een van die man se familielede het die liggaam by die staatslykshuis in Welkom kom opeis nie en die skedel is na ʼn forensiese antropologiese navorsingsentrum gestuur om die gesig oor te bou. Die rekonstruksie is in April gedoen. “Die departement van anatomie by die fakulteit van gesondheidswetenskappe aan die Universiteit van Pretoria het die proses behartig,” het Thakeng gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.