Onder-19 rugbyspan beseer in ongeluk

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Kombi-bus wat die onder-19 rugbyspan van Benoni vervoer het, het Saterdagaand op die N12 in een van die versperrings vasgery.

Die bussie het sowat 1 km voor die Voortrekker-afrit in een van die Armco-versperrings vasgery, het Derrick Banks, woordvoerder van ER24 gesê. Vier van die rugbyspelers en die bestuurder was in ʼn ernstige toestand en moes noodbehandeling op die toneel ontvang. Van die spelers is vir algemene pyn en klein snytjies en skrapies behandel. Die span se breier het die spelers wat nie met die ambulans na die hospitaal vervoer is nie, self na die hospitaal geneem om ondersoek te word.

Dit blyk of die bussie een of ander meganiese probleem ondervind het ná die draai op die N12. Die bestuurder het beheer verloor en toe van die pad af gery, oor die gras en oor die N12 voor aankomende verkeer in. Die bussie het die aankomende verkeer rakelings gemis en uiteindelik teen die Armco-versperring gestop.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.