Onderkleredief teister gemeenskap

Argieffoto

ʼn Dief is glo besig om  ʼn gemeenskap in KwaZulu-Natal te teister deur vroue se onderklere van wasgoeddrade af te steel.

Die Sowetan het Dinsdag berig vroue van Phoenix, noord van Durban, sien gereeld hoe ʼn welgeklede man na wasgoedlyne loop en hul onderklere steel. Een vrou het al sewe stukke onderklere só verloor. Een vrou beweer die man het haar onderklere gesteel, maar haar skoonma se onderklere ongedeerd gelaat.

“Dit is duidelik dat hy ‘n soort seksuele plesier hieruit kry want hy steel net “sexy” onderklere,” het die vrou gesê. Die vrou sê sy besef dit is diefstal, maar het nie die voorval by die polisie aangemeld nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.