Die departement van gesondheid in die Oos-Kaap sê hy sal ondersoek instel ná tien ambulansbestuurders van Port Elizabeth wat die naweek op siekverlof was.
Die Nelson Mandelabaai-area het Saterdag probleme ondervind nadat talle personeel op siekverlof was en daar ʼn tekort was aan staatsambulanse. ʼn Woordvoerder, Sizwe Kupelo, sê tien ambulansbestuurders het Saterdag siekverloof geneem wat tot gevolg gehad het dat slegs 14 noodvoertuie, in plaas van die normale 18, beskikbaar was. Kupelo sê departement sal ʼn ondersoek van stapel stuur. “Die siekbriewe sal deeglik nagegaan word om te bevestig dat dit wel geldig is. Dit is vreemd dat tien personeellede gelyktydig op siekverlof is.” Kupelo het ook gewaarsku dat indien enige dokters vals siekbriewe uitgeskryf het daar die nodige stappe teen hulle geneem sal word.