Die ondersoek na die multi-miljoenrandse webwerftender van die Vrystaat-regering is in ʼn gevorderde stadium, het adv. Thuli Madonsela, die Openbare Beskermer (OB), Donderdag gesê.
Die provinsie se webwerf-tender het glo na beraming R140 miljoen beloop, wat ʼn groot reaksie van die publiek en industriekenners ontlok het. Die bedrag is later deur die beamptes van provinsie bevraagteken nadat hulle aangevoer het die amptelike koste vir die tender is eintlik R40 miljoen.
AfriForum het onlangs aangekondig dat hulle ʼn onafhanklike ondersoek oor die tender van stapel gestuur het. Die organisasie het reeds dokumente oor die tender ontvang en is besig om dit na te gaan.
Die Vrystaatse premier, Ace Magashule, het gesê hy kan nie in die stadium kommentaar lewer nie omdat die saak in die hande van die OB is.
Lees ook:
AfriForum ondersoek Vrystaat se R120 miljoen-webwerf
AfriForum ondersoek Vrystaat-webbladtender
Nuuskommentaar: WWW – Wragtig Wild Weggee
Foto’s: Vrystaat se webtuiste kos glo $40, regering betaal glo R40m
Regering spandeer glo miljoene op webwerf
Wonder wat hier gaan uitbroei?
Antie wat moet ek verander v, my kommentaar, se vir my asb.!
Wurms Hoe Se.
K.V.K. Korrupte Vet Katte. Gaan kyk hoe leef al die betrokkenes. So paar mense verplaas en bevorder in ander poste en die problem is opgelos.