Ondersoek na heli pretrit-kabel tref

Arie Neven. Foto: Facebook

Die burgerlugvaartowerheid en die polisie in Noordwes ondersoek Dinsdag se helikopterongeluk naby Sun City waarin een persoon dood is.

Beeld berig die oorledene is die sakeman Arie Neven (52). Hy het met sy helikopter in ʼn pretrit-kabel vasgevlieg en neergestort. Neven het Dinsdagoggend met sy Bell Jet Ranger 206 by die Wonderboom-lughawe in Pretoria opgestyg en was glo oppad om vriende te gaan oplaai het in Bakubung, wes van Sun City. Neven het glo in ʼn vlugspergebied gevlieg toe die ongeluk plaasgevind het. Die Zip 2000-staalkabel of ʼn ‘zip slide’ soos dit ook genoem word, is glo sowat 2km lank. Adrenalienverslaafdes gly in harnasse teen die kabel af en kan glo snelhede van tot 150km/h haal. Daar was volgens berigte niemand op die kabel gewees nie aangesien hulle besig was met ʼn daaglikse veiligheidsondersoek. Neven laat sy vrou, Santi, en sy twee seuns, Arie en Hannes agter.

Lees meer hier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.