Ondersoek ná hoof glo verstandelik gestremde kind slaan

Argieffoto

Amptenare van die Raad op Arbeidsverhoudinge in die Onderwys (Ravo) het ʼn ondersoek van stapel gestuur nadat ʼn adjunkhoof glo ʼn sewejarige verstandelik gestremde kind in Kaapstad met ʼn plastiekpyp pakslae gegee het.

Charne Dolf (25) het aan die Daily Voice gesê haar seun, Lee-Hagen, het verlede week by die huis opgedaag met verskeie kneusplekke aan sy onderlyf.

“Van wat ek kan verstaan, wou Lee-Hagen nie van sy tafel af opstaan om uit die klas uit te gaan nie. Iemand het die adjunkhoof gaan roep en sy het hom geslaan,” het Dolf gesê.

“Ons is Vrydag na die skool waar die adjunkhoof vir ons die plastiekpyp gewys het waarmee sy Lee-Hagen mee geslaan het. Sy het gesê hy gee baie probleme en dat haar geduld op is,” het Dolf bygevoeg.

Bronagh Casey, ʼn woordvoerder van die Wes-Kaapse onderwysdepartement, het gesê hulle beskou die saak in ʼn ernstige lig. Die saak is na die direkteur van Ravo verwys vir verdere ondersoek.

– Sapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.