Ondersoek na premier se duur motor

Thandi Modise

Thandi Modise

Die wetgewer in Noordwes het ʼn subkomitee saamgestel om ondersoek in te stel na die verkrygingsprosesse wat gevolg is met die aankoop van ʼn motor van R1,3 miljoen vir Thandi Modise, premier van Noordwes.

Die wetgewer se staande komitee oor openbare rekeninge (Scopa) het die bedrag wat glo op die BMW 750i spandeer is veroordeel en toegegee dat die ekonomie onder druk is. Namhla Luhabe, woordvoerder van die wetgewer, sê hulle is bewus daarvan dat daar steeds ‘n behoefte is om die koste inperking, soos in die ministeriële handboek voorgeskryf, te standaardiseer. Sy sê dit beteken egter nie dat daar roekeloos deur die uitvoerende gesag bestee kan word nie. Scopa het Donderdag met Raymond Elisha, LUR vir openbare werke in die provinsie, vergader en hom versoek om ʼn formele dokument op te stel ten einde deursigtigheid en verantwoordbaarheid te weerspieël.

Die DA het vroeër die week gesê die aankoop van die motor strook nie met Pravin Gordhan, minister van finansies, se besparingsplanne nie. Lesiba Kgwele, Modise se woordvoerder, het gesê die motor was reeds bestel toe die maatreëls aangekondig is. Hy sê die motor wat deur Modise se voorganger gebruik is, het reeds die maksimum aantal kilometers van 120 000 oorskry en dat dit gereeld probleme gegee het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Meneer ·

Huh? Watse gemors koop hulle wat probleme gee op 120 000km? BMW’s met Tata enjins??

GawieM ·

Hier sal niks van kom nie. Hulle maak net ‘n lawaai om die mense tevrede te stel. Sy sal in elke val nie nog ‘n termyn dien nie.

Grassie ·

Die subkomitee se werk is waarskynlik om die hele episode toe te smeer. Ek dink dit is moontlik dieselfde vrou wat so `n maand of wat gelede iets soos R50 000 se kitskos binne `n maand met haar amptelike kredietkaart gekoop het. Ek dink die S A belastingbetaler is al so vuisvoos geslaan dat hy nie meer regtig omgee nie.

Cindy ·

Wonder hoeveel die subkomitee ons gaan kos. Seker meer as die kar.

Magda ·

Gaan sy die BMW op ‘n treiler laai om die “potholes” mis te ry. Regtig spandeer eerder die R1.5 miljoen op ons paaie soo in Brits en die hoof ingang

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.