Ondersoek na ‘reeksverkragter’ se selfmoord

Argieffoto

Die polisie sal ʼn geregtelike doodsondersoek las ná ʼn man, wat daarvan verdink word dat hy 34 kinders en twee vroue verkrag het, in sy tronksel selfmoord gepleeg het.

“Die Mondeor-polisie het met ‘n ondersoek begin ná die man se afsterwe in sy sel,” het Ofentswe Morwane, woordvoerder van die departement van korrektiewe dienste in Gauteng, gesê.

Sifiso Makhubu (42) sou Donderdag op 122 klagtes in die Johannesburgse hooggeregshof verskyn het. Hy het homself Woensdagaand egter met ʼn stuk kombers opgehang. Hy is by die gevangenis in Johannesburg, wat ook as Sun City bekend staan, aangehou.

“Tronkbeamptes het hom vanoggend in sy sel aangetref toe hulle hom hof toe wou neem,” het Morwane gesê.

Die klagtes sluit verkragting, ontvoering, moord, roof, en poging tot moord omdat hy sy slagoffers met MIV besmet het, in. Die misdade het in 2006 in die Kathorus-gebied in Vosloorus plaasgevind. Hy is in 2011 in hegtenis geneem.

Lees ook:
‘Reeksverkragter’ pleeg selfmoord
Man wat glo 34 minderjariges verkrag in hof

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.