Ondersoek na rekrute glo aangerand is

ʼn Raad is op die been gebring om ondersoek in te stel na ʼn beweerde straf-opleidingsessie by die Infanterieskool by Oudtshoorn nadat talle rekrute glo mediese behandeling nodig gehad het na die opleidingsessie.

Brig.genl. Xolani Mabanga, woordvoerder van die weermag, sê enigiemand wat buite die reëls opgetree het sal gestraf word. Volgens Beeld het die opleidingsessie Donderdagaand en Vrydagoggend plaasgevind en is dit stopgesit na mediese beamptes glo gevrees het dat die rekrute dit nie sal oorleef nie. Die rekrute se fone is weggeneem ten einde te verseker dat hulle nie foto’s of video’s kon maak nie. Die straf-sessie het glo gevolg nadat die rekrute Donderdagaand die basis verlaat het om ʼn kroeg te besoek. Mabanga het bevestig dat vyf rekrute in uniform ʼn kroeg besoek het en toe teruggebring is na die basis waar hulle gestraf is. Mabanga sê die raad sal bevestig of daar onregverdig opgetree is.

Volgens Pikkie Greeff, woordvoerder van die vakbond Sanwu, moes die rekrute kaal uittrek en pale ronddra. Hy sê indien hulle die pale laat val het hulle met besemstokke geslaan is. Volgens Greeff is een van die rekrute so erg aangerand dat hy steeds in die hoësorgeenheid van die Oudtshoorn Mediclinic behandel word. Mabanga sê hy is nie bewus hiervan nie. In Augustus verlede jaar het ʼn vroulike rekruut selfmoord gepleeg by die basis. Sanwu het destyds beweer dat ʼn selfmoordbrief agter gelaat is en dat daar hierin bewerings gemaak is van vernedering by die basis.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

HELENA SEABORNE ·

dis omdat daar nie meer disipline is ni. in die ou dae het jy geweet om ni sulke dinge te dun ni. jy het in die deebee beland. hulle mus gestraf word, maar aanranding? geen verskoning daarvoor ni.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.