Ondersoek ná SAR-soldaat se dood

SANW-soldate dra die kiste van hul gevalle kollegas by Waterkloof-lugmagbasis op 28 Maart 2013 Foto: Werner Beukes/SAPA

ʼn Nadoodse ondersoek word Vrydag uitgevoer om die dood te bepaal van die soldaat wat vroeër die week in die Pelonomi-hospitaal in Bloemfontein gesterf het. Die soldaat is dood nadat hy beseer is tydens ʼn aanval in die Sentraal-Afrikaanse Republiek (SAR).

Maroela Media het vroeër berig sersant Othneal Mahasa (49) is op 19 April uit die 1 Militêre Hospitaal in Pretoria ontslaan en is terug huis toe, in Bloemfontein. Hy het Maandag ineengestort en is na die hospitaal geneem. Hy is na 3 Militêre Hospitaal in Bloemfontein gehaas voordat hy na die Pelonomi-hospitaal oorgeplaas is. Hy het in die hospitaal gesterf.

Dertien SANW-soldate is op 23 Maart dood in ‘n skermutseling met rebelle naby die SAR se Bengui-grens. ‘n Verdere 27 soldate is gewond. Die SANW het soldate na die land gestuur op grond van ‘n ooreenkoms wat tussen Suid-Afrika en die ontsetelde president Francois Bozize gesluit is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.