Ondersoek na twee sterf tydens betoging oor water

Foto: @bemol79/Twitter

Foto: @bemol79/Twitter

Die onafhanklike polisie-ondersoekdirektoraat (Opod) stel ondersoek in na twee mense Maandag doodgeskiet is tydens ʼn betoging in Mothutlung naby Brits in Noordwes.

Moses Dlamini, woordvoerder van Opod, sê twee mense is tydens die betoging beseer en is tans in die hospitaal. Inwoners het betoog oor hulle glo drie maande laas skoon drinkwater gehad het. Die betogers het ʼn pad met brandende bande versper en die polisie is ontbied om die betoging te monitor. Dlamini sê ʼn onderonsie het glo tussen die polisie en betogers uitgebreek. “Die presiese omstandighede word ondersoek. ʼn Moordsaak is geopen.” Volgens berigte het die polisie skerp ammunisie, rubberkoeëls en traangas gebruik. Daar sal Dinsdag ʼn nadoodse ondersoek gedoen word van die oorledenes.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Eben ·

Mooi so manne …. keer die plekke om, niemand sal tevrede wees oor vuil water, dis mos aan julle belowe.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.