
Die Springbokke is vroeër die week deur president Jacob Zuma sterkte toegewens vir die komende wêreldbeker. Foto: GCIS
Meer as 50-duisend ondersteuners sal na verwagting op die Nelson Mandela-plein byeenkom om die Springbokke sterkte toe te wens. Die Springbokke sal in ʼn bus deur die strate beweeg. President Jacob Zuma het vroeër die week die verdedigende kampioene sterkte toegewens by die presidensiële gastehuis in Pretoria. Zuma het aan die span gesê hulle het ʼn plig teenoor die land om die Web Ellis-trofee terug te bring huis toe vir ʼn derde keer.