Ondersteuners wens Springbokke sterkte toe vir wêreldbeker

Die Springbokke is vroeër die week deur president Jacob Zuma sterkte toegewens vir die komende wêreldbeker. Foto: GCIS

Verkeer in Sandton in Johannesburg word erg ontwrig met talle rugbygeesdriftiges wat daarheen stroom om die Springbokke af te sien voor hulle na Nieu-Seeland vertrek vir die Wêreldbeker.

Meer as 50-duisend ondersteuners sal na verwagting op die Nelson Mandela-plein byeenkom om die Springbokke sterkte toe te wens. Die Springbokke sal in ʼn bus deur die strate beweeg. President Jacob Zuma het vroeër die week die verdedigende kampioene sterkte toegewens by die presidensiële gastehuis in Pretoria. Zuma het aan die span gesê hulle het ʼn plig teenoor die land om die Web Ellis-trofee terug te bring huis toe vir ʼn derde keer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.