Ondertekening van e-tolwet ʼn ‘belediging’

tol-300x19911President Jacob Zuma het Suid-Afrikaners beledig deur die e-tolwet te onderteken op die dag wat die saak in die hoogste hof van appèl aangehoor is, het die DA gesê.

Ian Ollis, die DA se woordvoerder oor vervoer, sê Zuma se ondertekening van die Wysigingswetsontwerp op Vervoerwette en Verwante Sake was “voortydig en oneerbiedig van die regsproses.” Hy sê die wet is sedert Mei 2013 onder hersiening en dat Zuma kon gewag het tot die hoogste hof van appèl uitspraak daaroor gelewer het. “Dit moet gesien word as ʼn duidelike boodskap aan die land dat hy nie omgee oor die inwoners van Gauteng se wense nie.” Zuma se ondertekening van die wet beteken dat die Nasionale Padagentskap (Sanral) nou met die e-tolstelsel kan voortgaan. Die hoogste hof van appèl het gister uitspraak voorbehou oor of die e-tolstelsel hersien moet word. Die Bondgenootskap teen Stedelike Tol (Outa) het die appèlaansoek voor die hof gebring.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Pieter Potgieter ·

Uiters swak van Zuma wonder of hy geld kry. Hy kom met alles weg want julle betaal mos net. Dinge gaan net vererger in die land.

G@TVOL ·

Ja, hy gaan hierdeur ook baie steun verloor. Kan ons tog net iemand kry wat omgee oor die pragtige land en die boose uitrooi

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.