Onderwysdepartement laat vaar aanklagte teen laerskoolhoof

Carol Drysdale Foto: Alex Eliseev, EWN

Carol Drysdale Foto: Alex Eliseev, EWN

Barbara Creecy, die Gautengse LUR vir onderwys, het alle aanklagte teen Carol Drysdale, die skoolhoof van Laerskool Rivonia, laat vaar.

Die grondwethof in Johannesburg het in Oktober vanjaar beslis dat die departement van onderwys die finale sê het oor die hoeveelheid kinders wat in ʼn openbare skool toegelaat moet word, ongeag die getalle wat deur die skool se eie beheerliggaam vasgestel is.

Dié uitspraak volg na ʼn regsgeding tussen die Gautengse departement van onderwys en Laerskool Rivonia in Sandton, toe die laerskool in 2011 geweier het om ‘n graad 1-leerling in die skool toe te laat. Die leerling is toelating geweier omdat die skool reeds vol was volgens die getalle wat deur die skool se beheerliggaam vasgestel is. Die departement het geëis dat die leerling toegelaat word en daarvolgens Drysdale van insubordinasie en wangedrag aangekla. Die grondwethof is uiteindelik genader om te bepaal wie grondwetlik die finale sê het in die toelating van leerlinge en die kapasiteit van skole.

Creecy het Vrydag gesê die stap is gedoen om die departement se verhouding met die skool te herstel. “Ons het ons saak tot by die konstitusionele hof geneem en daarna besluit om nie met die hoof se tugprosedure voort te gaan nie. Ons glo dat ‘n goeie verhouding met die skool in die beste belang van die kinders sal wees,” het Creecy gesê.

Lees ook:
Departement sê hoeveel kinders per skool
Baanbreker hofsaak vir openbare skole vandag aangehoor
Rivonia-uitspraak ‘n oorwinning vir alle oud-model C-skole
Skoolhoof pleit skuldig
Skoolhoof pleit onskuldig
Rivonia-skoolhoof voor dissiplinêre verhoor gesleep

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.