Onderwysdepartement ondersoek vraag oor ‘sepies’ in eksamen

Die departement van onderwys het ʼn ondersoek van stapel gestuur na ʼn vraag oor sepiekarakters wat in ʼn graad 9-vraestel verskyn het.

Die Star berig dat die vraag in die Kuns en Kultuur gemeenskaplike take vir assessering vraestel verskyn het en leerders gevra is om “twee van hul gunsteling sepies en drie karakters daarin te noem”. Die vraag was agt punte werd. ʼn Ontstoke ma het die departement van diskriminasie beskuldig, teen kinders wat nie toegang het tot ʼn televisie nie. ʼn Woordvoerder van die departement, Hope Mokgathle, sê dit is onder die aandag van die minister van basiese onderwys, Angie Motshekga, gebring. Sy sê in gevalle waar daar bevind word dat ‘n eksamenvraag leerders onregverdig benadeel het, sal hul punte aangepas word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.